Rappies slaan gemaklik onder baansyfer

Minderbevoorregte kinders baat by Laerskool Rapportryer se gholfdag.

Vrydag, 4 November was ’n hoogtepunt op Laerskool Rapportryer se kalender.

Dit was hul jaarlikse gholfdag ten bate van minderbevoorregte kinders en is by Randfontein Gholfklub aangebied. Volgens Marsha Coetzer, een van die organiseerders, was dit ‘n groot sukses.

Sy het gesê Rappies-ouers asook besighede in Randfontein het hul beursies groot oopgemaak sodat elke behoeftige gesin van die skool ‘n geseënde Kersfees kan ervaar.

“Ek het nog nooit ‘n gemeenskap so vir mekaar sien omgee soos by ons skool nie,” het Marsha gesê.

“Ons wil graag almal – persone en instansies – wat betrokke was uit die diepte van ons harte bedank. Dit alles saam het van die dag ‘n sukses gemaak.

‘n Spesiale dankie aan die Rappies-ouers wat soos in die verlede bereid was om soveel artikels te skenk wat ons as pryse kon gebruik. Dit het verseker dat elke speler met ‘n prys kon wegstap.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version