Local newsNewsUpdate

Karwagte ontvang weerkaatsbaadjies danksy Erika Pretorius Beweging

'Ons wil ook seker maak dat die Beweging 'n positiewe impak sal hê op almal wat daarmee in aanraking kom.'

Op Saterdag 12 November is 23 karwagte by die Village Square-inkopiesentrum met weerkaatsbaadjies toegerus danksy die Erika Pretorius Beweging.

Nadat die eerste baadjie in Oktober aan Jan Els, ‘n karwag by dié inkopiesentrum oorhandig is, het hy en Jacques Loubser, stigter van die Beweging saamgewerk om te verseker dat die res van die karwagte ook weerkaatsbaadjies kry. Elke karwag se naam en van is op hul baadjies geborduur.

“Ons het begin by Jan en daarna het die res van die Village Square-inkopiesentrum se karwagte baadjies gekry.

Ons wil ook seker maak dat die Beweging ‘n positiewe impak sal hê op almal wat daarmee in aanraking kom,” het Jacques vertel.

Met die hulp van toekomstige donasies beoog Jacques om al Randfontein se karwagte uiteindelik van baadjies te voorsien.

“Ek is baie bly oor die hulp wat ons kon verleen. Ek wens net ons kan meer doen, maar ongelukkig kom daar tans geen donasies in nie. Daarom wil ek graag alle besighede in Randfontein uitdaag. Ek gaan R 1 000 skenk, en ek daag besighede uit om daarop te verbeter,” het hy vertel.

Jacques beoog om volgende al die karwagte by Helikonpark Pick n Pay met weerkaatsbaadjies toe te rus.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer, stuur gerus vir Jacques ‘n epos na jloubser@gmail.com.

Lees ook:

Security guard robbed at car dealership

Security guard corners car thief

 

 

Related Articles

Back to top button