Jannas se hengelaars kan vis vang

Hengel duidelik 'n groot stokperdjie vir leerders van Jannas.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs hul Hengelklub-uitdunne gehou.

Die uitdunne het einde verlede maand by die Camping & Fishingoord naby Waterpan in Westonaria plaasgevind.

‘n Totaal van 24 leerlinge het deelgeneem en 20 van hulle het gekwalifiseer om die afgelope Vrydag en Saterdag (11 en 12 November) aan die skool se hengelkompetisie by die Vaaldam deel te neem.

Hoërskool Jan Viljoen se Ryno Hutton tydens die hengelkompetisie. Foto ingestuur

Aan die einde van die twee dae het Jeandre Engelbrecht weggestap met die grootste vis terwyl William Warer die meeste visse en die swaarste sak gehad het.

Volgens Herman Badenhorst, Jannas se Hengelklub-organiseerder was dit ‘n heerlike naweek. Hy het gesê die seuns kan skaars wag vir die volgende hengelnaweek.

“Dankie Jannas vir spesiale geleenthede soos dié,” het Heerman gesê.

Lees Ook

Ontmoet Jannas se vissermanne

Exit mobile version