Local newsNewsUpdate

Interessante en pretaktiwiteite vir U3A-lede

U3A Wesrand-tak nooi alle pensionarisse uit na hulle reeks uitstappies wat die Hartebeespoortdam insluit.

Die U3A (University of the Third Age) Wes-Rand beplan ‘n reeks opwindende aktiwiteite vir sy lede.

Alle pensioentrekkers in Randfontein en vanoor die hele Wes-Rand word genooi.

Die U3A Wes-Rand is ‘n niewinsgewende vereniging vir ouer persone wat reeds afgetree het, of gedeeltelik afgetree het. Hul doelwitte is om stimulerende, leersame programme, asook die sosiale geleenthede wat daaruit spruit, aan te bied.

Hulle bied hierdie programme deur ‘n selfversorgende gemeenskap van vrywilligers aan waarin almal dieselfde status beklee. Hulle wil ook ‘n beter lewensgehalte vir hul lede bevorder.

Die eerste van ‘n reeks aktiwiteite skop Dinsdag, 8 November af met die tak se maandelikse byeenkoms by die NG Kerk Wilgespruit in Wilropark. U3A beplan ‘n prettige oggend met die tema A trip down memory lane waar die kitaarspeler Hennie Strydom gaan optree.

‘n Week daarna, op Woensdag, 16 November is ‘n uitstappie gereël na Hartebeespoortdam en Jasmyn (plaaswinkel), en daar kan kabelkar gery word. Daarna gaan hulle middagete by die Dockside Cafe in Magaliesburg geniet.

Op Sondag, 4 Desember gaan die U3A Wes-Rand ‘n groot Kersete by Glenburn Lodge hou.

Marthie Coetzer van U3A het gesê, “Pensioenarisse kan nuwe vriende maak, op pretuitstappies gaan, nuwe dinge leer en mense met dieselfde belangstellings ontmoet”.

• Navrae: Marthie Coetzer by 083 297 9565.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button