Eerste Ramkat-fees ‘n reuse sukses!

Eerste Ramkat-fees ooit was uit die heel boonste rakke.

Die heel eerste Ramkat-fees wat Laerskool Randfontein (Ram) onlangs aangebied het, was ‘n reuse sukses.

Gaskunstenaars soos Charlize Berg, die meisiesgroep Mwah en Ampie het uitstekende vertonings gelewer.

Met die Herald se aankoms was alles in rep en roer soos honderde inwoners, leerders, ouers en besoekers hul geniet het.

Monique van Loggenberg en Ledean Maartens van Hoërskool Riebeeckrand, het Ram kom ondersteun.

Een van die ouers, Chantel Surroll het gesê, “Die fees was baie lekker en ek en my sewejarige dogter Bronwyn het dit baie geniet.”

Tot die Herald se verbasing het Corrie Geyer, 73, al die pad van die Oos-Kaap af gekom om die dag saam met haar familie deur te bring. Corrie het selfs haar hond, Dalvina saamgebring.

Leerders van verskeie hoërskole, onder andere Hoërskool Riebeeckrand, het ook die fees ondersteun.

Anneke Barnard, ouer van Danrich Barnard in Graad 3 het gesê, “Hier is soveel vermaak, ‘n mens kan nie anders as om te ontspan en te kyk hoe die leerders rondhardloop en baljaar nie.”

‘n Vertoning deur Ram se pom-poms was natuurlik een van die hoogtepunte en hul ouers was baie trots op hul uitstekende optrede.

Charlize Berg het die skare betower.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version