MunicipalNews

Riool, dubbel rekeninge – Genoeg is Genoeg!

KEELVOL - Hoe meer mense in die publiek uitkom aangaande probleme met rioolpype en elektrisiteitsrekeninge, hoe beter.

Jan Heyneke, 66, het die Herald laasweek vertel dat hy al vanaf die 90’s af ‘n groot probleem het met die rioolpypstelsel wat reg op sy straat afloop.

Heyneke, ‘n pensionaris wat vanaf 1979 ‘n inwoner is, het op 16 Oktober weereens ‘n insident gehad, waar die drein, wat buite sy erf geleë is, oorgeloop het van riool. Hy verduidelik dat hy die munisipaliteit op die spesifieke dag op die nommer 011 951 3000 geskakel het, waar ‘n werknemer hom ingelig het dat hulle nie na ure werk nie.

Jan Heyneke, 66 het ook genoeg gehad van die munisipaliteit
Jan Heyneke, 66 het ook genoeg gehad van die munisipaliteit

Die volgende dag,17 Oktober, omstreeks 11 uur het die munisipaliteit daar opgedaag. Heyneke het dit nie daar gelaat nie, en was selfs na die munisipaliteit toe om hulp te kry. Hy is daar verwys na ‘n persoon in ‘n hoër posisie, waar hy ingelig is om die persoon te skakel omstreeks 3 nm, dieselde dag.

Heyneke se grootste probleem is dat die rioolwater afloop na sy voorjaard toe, waar sy kombuis geleë is.

Heyneke sê, “ Ek het die persoon geskakel, maar dit was onsuksesvol. Ek is moedeloos. Om dinge te vererger, ontvang ek, soos almal anders, ‘n elektrisiteits rekening wat niemand aan my kan verduidelik nie.”

Heyneke voel ook dat hoe meer mense in die publiek uitkom aangaande probleme met rioolpype en elektrisiteits rekeninge, hoe beter.

Also read:

Sewage unbearable for family

Streets of W’aria a mess

R’fontein’s sewage woes soon to be gone

 

Related Articles

Back to top button