Local newsNews

Jannas leer oor die Terra Cotta-weermag

Graad 10-leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen leer meer oor die geskiedkundige ontdekking van die Terra Cotta-weermag.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Graad 10 Visuele Kunsleerlinge het onlangs meer oor die Terra Cotta-weermag geleer.

Dit toe hulle einde Augustus ‘n uitstalling by Silverstar Casino in Krugersdorp bygewoon het.

Die geskiedkundige bekende bron, history.com, verduidelik die duisende klei-soldate wat bekendstaan as die Terra Cotta-weermag is in die wêreld gebring onder die regering van Shihuangdi 221 en 207 BCE (before common era). Lees meer oor Shihuangdi hier [https://www.history.com/shows/ancient-discoveries/articles/the-terra-cotta-army].

Die kamer met die Terra Cotta-weermag in is deur ‘n groep boere in 1974 ontdek wat ‘n put wou grawe in die oostelike deel van Sjina. Die Terra Cotta-weermag bestaan uit meer as 6 000 militêre figure naamlik soldate, perde, strydwaens en boogskutters.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is die ontdekking van die Terra Cotta-weermag belangrik vir die kunswêreld want dit dui daarop dat die Sjinese-pottebakkers baie tegnies gevorder was. Daar is gesê droogoonde moes versigtig gemaak word om hierdie groot vorms effektief te kon bak.

Die skool se Graad 10 Visuele Kunsleerlinge het die uitstalling baie interessant gevind en die skool is bly dat hulle kuns onder die leiding van sulke bekwaamde onderwyser soos Retha Rossouw is.

“Dankie Retha, dat U kuns vir ons leerlinge so opwindend maak,” het Smith gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button