Zombies by Jannas-revue!

Jannas-revue en Zombie-vertoning slaan die asems weg.

Ligte, kamera, aksie!

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het weereens ‘n asemrowende revue vir ouers, leerlinge en onderwysers aangebied. Die loopvak het oor vier dae, van Dinsdag, 18 tot Vrydag, 21 Oktober gestrek.

Die Herald is as eregas na die laaste aand van die revue genooi en was nie teleurgesteld nie.

Fila gespeel deur Diaandri Schoonraad het die gehoor in trane gehad met al haar grappies. Photo: Roxy de Villiers

 

Die twee aanbieders, Esté van Rooyen en Victor Esterhuizen het die gehoor laat huil van die lag met al hul grappies oor onderwysers in die skool. As dit nie so donker in die saal was nie, sou mens hulle kon sien bloos het.

Later het Fiela – gespeel deur Diaandri Schoonraad – as aanbieder oorgeneem. Die gehoor kon skaars asem skep nie so baie het hulle gelag.

Amorie Gonsalves tydens Michael Jackson se Thriller liedjie. Photo: Roxy de Villiers

Die danse en sang was uit die boonste rakke. Die leerlinge en onderwysers wat deel was van hierdie jaar se revue het hulself oortref.

Die beste dansgroep was beslis die Michael Jackson-groep wat Thriller uitgebeeld het. Die groep se grimering was realisties en hul danspassies was dié van egte zombies. Niks kon egter die manier oortref waarop die groep op die verhoog verskyn het nie. ‘n Groot zombie het ‘n kis op die verhoog gedra en soos Frankenstein het ‘n Jannas-leerling opgestaan en uit die kis geklim.

Victor Esterhuizen, Jannas se eerstespan rugby punte masjien het ook gewys, hy het talent op die verhoog. Photo: Roxy de Villiers

Die wyse waarop die groep die verhoog verlaat het, was ook iets om te onthou. Nadat hulle gedans het, het van die dansers agter die gordyn verdwyn maar ‘n paar het soos ware zombies tussen die gehoor deur en die agter uit die saal gestap.

Vanjaar se revue is sowaar iets om te onthou en Jannas sal dit nie maklik kan oortref nie … of gaan hulle?

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version