Local newsNews

Pa van twee sterf na elektriese skok

Jong pa, 26, sterf nadat hy met elektrisiteit werk en geskok word.

‘n Jong pa van twee, Clarence Thompson, 26, is dood nadat hy aan ‘n elektrisiteitslyn gewerk het en geskok is.

Die tragiese insident het die afgelope naweek (Saterdag, 22 Oktober) in Robinson plaasgevind.

Jayden Thompson, Cindy Botes en Schalk Thompson.
Jayden Thompson, Cindy Botes en Schalk Thompson.

Die Herald het met Cindy Botha, 23, sy meisie van vyf jaar en die ma van sy twee kinders oor haar verlies gaan gesels. Sy woon tans by haar ouers in Randgate.

“Clarence was besig om ‘n kraglyn te verleng en met ‘n waterpyp wat gebars het, was die situasie klaar gevaarlik. Ek was in die huis toe ek om ongeveer 4nm gehoor het hoe hy skreeu.

Ek het buite toe gehardloop en hom gekry waar hy nog die draad in sy hand gehad het.”

Botes het verder gesê dat hulle seuntjie, Jayden, 3, ook by was toe sy pa geskok is.

Volgens Botes het sy na die bure gehardloop om hulp te kry. Sewe inwoners het die staatsambulans geskakel wat glo tot vandag toe nog nie opgedaag het nie. Hulle het nie ‘n mediese fonds nie.

Botes se ouers het verduidelik dat hulle selfs ‘n privaat hospitaal genader het wat ook probeer help het om ‘n staatsambulans by Thompson uit te kry, maar sonder sukses.

“Tussen 5.30nm en 6nm het geen ambulans nog opgedaag nie en ons moes self na ‘n staatshospitaal in Krugersdorp met hom jaag. Hy het toe nog gelewe,” het Botes vertel.

Botes het gesê dat toe hulle uiteindelik by die hospitaal aankom, ‘n dokter vir hulle gesê het dat dit te laat was om Thompson se lewe te red.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button