Local newsNews

Rosemarie Kahn hou Skulpiesbaai-konsert

Rosemarie Kahn Kleuterskool se Skulpiesbaai-konsert "onvergeetbaar" sê skoolhoof.

Rosemarie Kahn Kleuterskool se Skulpiesbaai-konsert op Woensdag, 19 en Donderdag 20 Oktober was iets om te onthou.

“In Skulpiesbaai is al die huisies wit en skyn die son in al die strate …,” met dié woorde is die gehoor verwelkom.

Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.
Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.

Ilse Otto, skoolhoof sê, “Die aand is omgetower deur meerminne en seerowers, dansende pikkewyne, die dierbaarste klein singende skulpies en nog vele meer. Elke kind het met oorgawe deelgeneem en dit ‘n onvergeetbare aand gemaak.”

Sy sê buiten dit het alle leerlinge hope pret gehad en leer die konsert die kinders van voorbereiding, spanwerk en selfvertroue.

Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.
Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.

“Almal het ‘n rol gehad om te speel en het hul goed van hul taak gekwyt. Die onderwysers het ook pragtig gelyk in hul wit klere en blou serpies en was deurentyd naby om ondersteuning en leiding te bied aan hul klasse.”

Dit is duidelik dat almal by Rosemarie Kahn Kleuterskool een groot familie is. In die gehoor was daar ook voormalige Rosemarie-Kahners wie se kinders tans in Rosemarie Kahn is. Een van Rosemarie Kahn se oud leerlinge, Melissa Paige, het ook die konsert afgesluit met ‘n pragtige sangitem.

Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.
Daar was meerminne en seerowers, dansende pikkewyne en klein singende skulpies tydens die konsert.

“Vanjaar se konsert is vir eers verby maar Skulpiesbaai gaan ons nog lank bybly. Die vriendelike matrose, die oulike seekatte, die selfvertroue wat die maatjies mee opgetree het voor ‘n stampvol saal elke aand is alles iets wat ons vir ‘n lang tyd gaan onthou.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button