NewsSchools

Kyk uit vir Jannas op kykNET

Jannas gaan Maandag, 14 November op die gewilde TV-program, kykNET NOU! verskyn.

Byna elke leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) voel nou soos bekende akteurs nadat die Skole Top 10-span op Woensdag, 19 Oktober ‘n draai by die skool gemaak het.

Dit beteken Jannas sal Maandag, 14 November op die gewilde TV-program, kykNET NOU! verskyn. Green Planet Productions het die kamerawerk gedoen.

Twee leerlinge van Jannas se meisies-hokkiespan voor die kamera. Foto: Roxy de Villiers
Twee leerlinge van Jannas se meisies-hokkiespan voor die kamera. Foto: Roxy de Villiers

Volgens kykNET se amptelike webwerf is die Skole Top 10 ‘n geleentheid waar ’n skool die kans kry om sy top-10 musiekvideo’s te versoek en ook ’n bietjie meer te vertel oor sy geskiedenis en tradisies. Hul maak ook kennis met die leerlinge wat die skool se waardes uitleef voor die kamera.

Die skool was amper die hele dag besig om video na video te neem. Van die leerlinge kon hulle lag nie inhou nie waar ander soos veteraan-akteurs gepraat het.

‘n Goeie voorbeeld van dit was Jannas se meisies-hokkiespan. Hul was afgeneem terwyl hul toertjies op die veld gedoen het. Die skool is opgewonde om op TV te wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button