Local newsNews

Vriendskapstuiste gaan pienk vir kanker

Vriendskaptuiste gaan groot vir kankermaand deur die ouetehuis te versier en pienk te dra.

Vriendskapstuiste het op Vrydag, 14 Oktober kankermaand op ‘n pretvolle en kleurige geleentheid gevier. Die tema daarvan was ‘pienk’.

Elmarie Kritzinger, Amanda Kruger en Rita Bezuidenhout het hulle uiterste beste gegee om die geleentheid so spesiaal moontlik vir die bejaardes te maak. Die tafels was gedek met die lekkerste verversings, die mooiste verskeidenheid koeke en versierings.

Die verrigtinge het begin met ‘n gebed en daarna het Elmarie Kritzinger die bedankings gedoen.

Elmarie het gesê, “Vandag salueer ons vrouens wat die geveg teen kanker gewen het, verloor het of nog besig is om deur te gaan.”

‘n Baie mooi gebaar van Elmarie was dat sy nie soos baie van die inwoners ‘n hoed wou dra nie, want sy haal haar hoed af vir vrouens wat êrens met kanker in hulle lewe te doen gehad het.

Een van die mooiste dekoritems, van ‘n Herald-oogpunt, was die pragtige skilderye wat vrouens se verskillende emosies uitbeeld.

Jean Frankel, 80, sê, “Dit is ‘n pragtige affêre en gebaar van die ouetehuis. Dit bring soveel herinneringe terug, want ek was self deur kanker en het dit oorleef. Die positiewe is dat ek vandag ‘n sterker persoon is.”

Die inwoners van die ouetehuis het ook baie moeite gedoen met hulle kleredrag en hoede, en almal het te fraai gelyk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button