Ram vir kankerbewusmaking

Donderdagaand, 13 Oktober was 'n aand vol hoop, motivering en pret by Laerskool Randfontein, alles vir kankerbewusmaking.

Jakkie Louw het onlangs by Laerskool Randfontein tydens ‘n spesiale kankerbewusmakingsfunksie opgetree.

Linda Steyn van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), het ‘n program wat vol hoop, motivering en pret was, vir inwoners aangebied.

Gert de Beer, bekend as Gert Kitaar, wat lid van die kankerorganisie ASF is, was die aanbieder tydens die besondere aand. Ds Serame Thulo van die Randfontein Metodiste Kerk het die verrigtinge geopen met gebed.

Jakkie Louw in aksie.

Andrè Grove, die Randfontein-voorsitter van Cansa Relay For Life het almal verwelkom. Gert het toe ‘n lied, Better day, vir die gaste gesing. Die motiveringspreker, Iain Batten, wat testikelkanker opgedoen en oorleef het, het sy storie van pyn, maar ook van hoop vertel.

Daarna het Laerskool Randfontein se koor ‘n wonderlike vertoning gelewer. Randfontein High School, (RHS) se optrede daarna het die gehoor se voete aan die beweeg gekry.

Die groot oomblik het toe aangebreek en Jakkie Louw, bekende sanger, het op die verhoog verskyn. Al moes Jakkie die volgende dag Noord-Kaap toe vertrek, het hy tyd afgestaan om die belangrikheid van kankerbewusmaking te help beklemtoon.

Lanica Aspelling, 7, van Laerskool Randfontein.

Hy het die gehoor behoorlik aangeraak met sy diep liedere, maar ook liedjies wat almal uit hulle stoele laat opstaan het. Die leerlinge het dit ook terdeë geniet.

Lees ook

Laerskool Randfontein opgeknap

Laerskool Randfontein – Die Kultuurskool

Exit mobile version