Ram kry soene van bekende musiekgroep

Die nuwe, reeds bekende meisiemusiekgroep, MWAH het by RAM opgetree as lusmaker vir komende fees.

Die nuwe MWAH-musiekgroep het onlangs by Laerskool Randfontein (Ram) opgetree as ‘n lusmaker vir die Ramkat-Fees wat binnekort plaasvind.

Loriska Bubb en Franzel de Wet tree op by Ram.

Op Dinsdag, 18 Oktober was Ram se gange gevul met die klank van dié energieke duo.

Vir diegene wat nog nie veel van MWAH weet nie, dié meisiegroep bestaan uit Franzel de Wet en Loriska Bubb, of soos sommiges haar dalk ken, Kristin van 7de Laan of Dixie die tromspeler van Sterlopers.

Loriska Bubb en Franzel de Wet tree op by Ram.

Daar was nie een Rammie wat nie saam gesing en gedans het nie. Bekende treffers soos Sandra Prinsloo en Me too het groot aanklank gevind by al die leerlinge.

“Ons het dit goedgedink om ‘n klein lusmakertjie vir die leerlinge aan te bied wat hulle nog meer opgewonde sal maak oor die heel eerste Ramkat-Fees. Hoe dan anders as om van die verhoogkunstenaars te laat optree wat by die fees te sien sal wees?” het Reinette Herbst, organiseerder van die fees vertel.

“Hulle het dit vreeslik geniet en ek glo hulle is almal nou behoorlik lus gemaak vir die fees.”

Loriska Bubb en Franzel de Wet tree op by Ram.

Loriska en Franzel het gesê hulle kan ook nie wag om in Randfontein tydens die Ramkat-Fees op te tree nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version