MunicipalNews

Menslike ontlasting net waar jy kyk!

Rioolwater vloed byna hele huis in Greenhills – Familie sit intussen op sypaadjie en wag vir iemand om tot hul redding te kom.

Die uitspoel van rioolwater by ‘n huis in Greenhills is so erg dat die familie tans op die sypaadjie sit.

Vanoggend vroeg (20 Oktober) is die Herald uitgeroep na die adres nadat Cathryn Mouton, 26, se hele huis omtrent toe is onder rioolwater.

Cathryn Mouton, ma van drie klein kinders, by die mangat.
Cathryn Mouton, ma van drie klein kinders, by die mangat.

Met ons aankoms het ons dadelik die vloed van menslike ontlasting, grond en water gesien. Mouton, ‘n ma van drie kinders van 2, 6 en 7 jaar was in ‘n toestand nadat hul huis reeds sedert gisteraand om 10.30nm toe is onder vloedwater en menslike ontlasting.

Mouton sê sy het om 5nm gisteraand begin wasgoed was, en toe begin haar wasmasjien oorloop.

Die ingang van die Mouton gesin se woning.
Die ingang van die Mouton gesin se woning.

Om 10.30nm het sy die munisipaliteit se na-ure nommer geskakel, waar ‘n vrou glo gesê het: “Ons werk nie na ure nie”. Sy het die nommer aanhou skakel, waarna die vrou die foon in haar oor begin dooddruk het.

Sy het selfs ‘n persoon in ‘n hoër posisie by die munisipaliteit probeer bel, maar sy foon was glo af. Op ‘n stadium is sy verwys na ‘n ander nommer, maar tot haar bittere ontnugtering bestaan die nommer glo nie meer nie.

Mouton, haar skoonma, man en drie kinders se gesondheid is nou in gevaar.

Cathryn Mouton, by die skade wat aangerig is deur die rioolwater.
Cathryn Mouton, by die skade wat aangerig is deur die rioolwater.

Teen druktyd het Mouton die Herald laat weet die munisipaliteit het omstreeks 9.30vm vanoggend opgedaag, en hul vertel dat die mangat nie die probleem is nie. Sy sê verder dat sy en haar man gisteraand self in die mangat geklim het en gesien dat dit wel verstop is.

Die munisipalitiet het glo ook geweier om die gesin se huis skoon te maak. Die familie sit steeds tans op die sypaadjie en wag vir hulp.

Lees ook:

Rfontein’s sewage woes soon to be gone

Sewage unbearable for family

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button