Heel eerste Ramkat-Fees om die draai

Unieke Ramkat-Fees gaan einde Oktober by Laerskool Randfontein aangebied word.

Op Vrydag, 28 Oktober sal die heel eerste Ramkat-Fees by Laerskool Randfontein plaasvind.

Verskeie bekende kunstenaars soos Juanita, Ampie, MWAH en Charlize Berg sal die gehoor vermaak.

Loriska Bubb en Franzel de Wet is opgewonde oor die fees.

Talle stalletjies se ware en smullekker kos sal te koop wees. Besoekers kan gerus ook hul eie kampstoele of komberse saamneem indien hul net lekker wil kuier.

Reinette Herbst, organiseerder van die fees het vertel hoe opgewonde sy is om dié unieke fees in Randfontein aan te bied.

“Ons kan nie wag om by die heel eerste Ramkat-Fees op te tree nie, ons sien verskriklik uit daarna,” het Loriska Bubb – of soos sommiges haar ken, Kristin van 7de Laan – ‘n lid van die MWAH-groep vertel.

Loriska Bubb en Franzel de Wet is opgewonde oor die fees.

Die hekke open om 4nm met heelwat vermaak wat op die hele familie wag.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Reinette Herbst by 073 338 8473.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version