NewsSchools

Ram domineer inkleurkompetisie

Die wenners van AGS Randgate se inkleurkompetisie is ...

AGS Randgate het tydens hul onlangse Handwerk Expo die wenners van hul inkleurkompetisie aangekondig.

Claire Saal, Jody-Leigh Venter, Janelle Murray en Nicole Loots is trots op hul harde werk.  Foto: Maritza van Zyl.
Claire Saal, Jody-Leigh Venter, Janelle Murray en Nicole Loots is trots op hul harde werk. Foto: Maritza van Zyl.

Die kompetisie is onder verskeie plaaslike laerskole se Graad 1- en 2-leerlinge geloods.

Die ses skole wat deelgeneem het is Laerskool Randfontein (Ram), Laerskool Rapportryer (Rappies), Randfontein Primary, Grace Christian Academy, Barachel Christian Academy en Randfontein Christian Academy (RCA).

Claire Saal en Jody-Leigh Venter is trots op hul harde werk.  Foto: Maritza van Zyl.
Claire Saal en Jody-Leigh Venter is trots op hul harde werk. Foto: Maritza van Zyl.

Die kryte het gespat en die prentjies is voltooi. Die kompetisie was straf en die beoordelaars moes net die beste uit die 399 inskrywings kies. Die beoordelaars was Sarah Oberholzer, ‘n skilder en Paul Roseschoon, ‘n kunsonderwyser.

Die eerste prys was R150, die tweede prys R100 en die derde prys R50.

Janelle Murray en Nicole Loots is trots op hul harde werk.  Foto: Maritza van Zyl.
Janelle Murray en Nicole Loots is trots op hul harde werk. Foto: Maritza van Zyl.

Die pryswenners vir Graad 1 is die volgende:

• Eerste prys: Jesse Bouwers (Ram)

• Tweede prys: Lyla van Niekerk (Ram)

• Derde prys: Reuben Blaauw (Rappies)

Die pryswenners vir Graad 2 is die volgende:

• Nicole Loots (Ram)

• Janelle Murray (Ram)

• Claire Saal (Randfontein Primary)

‘n Spesiale toekenning is gegee aan Jody-Leigh Venter (Ram) wat ‘n besonderse inkleurprent, wat bo die res uitgestaan het, ingedien het.

“Dit was vir my baie spesiaal om almal se kunswerke te kon sien. Daar is verskriklik baie tyd en moeite in elkeen ingesit. Ek wil graag al die skole bedank vir hul ondersteuning, ” het Leonie Pretorius, organiseerder van die ekspo vertel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button