Jannas leer meer oor lewenswetenskap

Graad 10-leerlinge van Jannas het onlangs in die rivier baljaar en nuwe plante, diere en voël spesies ervaar tydens lewenswetenskap-uitstappie.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het weereens ‘n suksesvolle Graad 10 Lewenswetenskap (LW)-uitstappie beleef.

Die uitstappie het in die begin van verlede maand by Happy Acres in Magaliesburg plaasgevind.

Graad 10 Lewenswetenskap-leerlinge van Jannas tydens die uitstappie in Happy Acres.

Volgens die skool was dit gereël sodat hulle Graad 10-leerlinge hul Skoolgebaseerde Assessering-taak (SBA) kan voltooi. Die Graad 10-leerlinge het in die rivier baljaar en nuwe plante, diere en voël spesies ervaar.

Twee leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen spring in die lug van blydskap.

Volgens Ashley Cowan, ‘n LW-leerling, was dit ‘n baie suksesvolle uitstappie.

Sy sê sy het baie geleer en dit net so baie geniet het.

Twee Jannas-leerlinge sit en leer by Happy Acres.

“Dankie aan Juffrou Sylvia Maas en Juffrou Magdie Vermeulen wat ons vergesel het. Dit was soveel pret,” sê Ashley.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version