Local newsNewsUpdate

Erika Pretorius Beweging maak vordering

Jan Els, die eerste karwag in Randfontein om by die Erika Pretorius Beweging te baat.

Die Erika Pretorius Beweging, gestig deur Jacques Loubser, is nou behoorlik aan die gang.

Nadat Erika, ‘n gereelde karwag by die Village Square-inkopiesentrum in Augustus oorlede is, het Jacques besluit om ‘n fonds in haar naam te stig, waarvan ‘n gedeelte gebruik sal word om weerkaatsbaadjies vir karwagte in die dorp te koop.

Jacques Loubser en Jan Els met Jan se nuwe weerkaarsbaadjie danksy die projek.
Jacques Loubser en Jan Els met Jan se nuwe weerkaarsbaadjie danksy die projek.

Die res sal gebruik word om Erika se ouers te help aangesien sy die gesin se broodwinner was. Albei haar ouers is bejaard asook medies ongeskik en het tans geen inkomste nie.

Op Sondag, 16 Oktober is die eerste baadjie aan Jan Els, ‘n karwag by die Village Square-inkopiesentrum en His Place Worship Centre oorhandig. Jacques het gesê dat nadat hulle, met die hulp van Jan, al die karwagte by dié sentrum met baadjies toegerus het, sal hulle dieselfde by ander inkopiesentrums in Randfontein doen. Met die hulp van His Place Worship Centre, Sanna Holl van Suzaans Supplies en Loraine Kruger se donasies beoog Jacques om al Randfontein se karwagte uiteindelik van baadjies te voorsien.

Jacques Loubser en Jan Els met Jan se nuwe weerkaarsbaadjie danksy die projek.
Jacques Loubser en Jan Els met Jan se nuwe weerkaarsbaadjie danksy die projek.

“Ons begin by Jan. Ons wil seker maak dat al die ander karwagte ook gehelp word en dat die beweging ‘n positiewe impak sal hê op almal wat daarmee in aanraking kom,” het Jacques vertel.

“Ek sal die baadjie graag dra. Dit is darem maar verskriklik mooi, ek sien uit daarna,” het Jan vertel.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer, stuur gerus vir Jacques ‘n epos na jloubser380@gmail.com.

Lees ook:

Security guard robbed at car dealership

Security guard corners car thief

Related Articles

Back to top button