Nou gaan ons braai – wenners van kompetisie

Randfontein-besigheid beloon inwoners met groot pryse.

Great Times Liquors het die afgelope Saterdag (15 Oktober) die wenners van ‘n Weber-braaitoestel en ‘n koelboks aangekondig.

Die eienaar van die drankwinkel, Jacques Nortier, was baie opgewonde en trots om die pryse aan Jaco van der Westhuizen van Westonaria en Gawie Nolan van Bootha-plotte te oorhandig.

Gawie Nolan ontvang sy prys van Jacques Nortier.

Jaco, 26, wat met die Weber weggestap het, het gesê,

“Ek is baie in my noppies, ek gaan sommer vandag braai”.

Behalwe vir die Weber het Jaco drie sakke brikette en drie pakke vuuraanstekers gewen.

Gawie, 56, wat jare lank ‘n inwoner van Randfontein is, was baie dankbaar oor die koelboks en al die Castle-bier wat hy gewen het.

Toe die Herald hom gevra het wanneer hy die eerste bier gaan drink, het hy en Jacques lekker gelag en gesê, “Wanneer die vliegtuig oor is”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version