Local newsNews

Nuwe kursus by AGS Groen Weivelde

"Daar is ook nog 12 gratis boekies beskikbaar op 'n eerste-daar-eerste-klaar-basis," het pastoor Hannes van der Merwe gesê.

Pastoor Hannes van der Merwe van die gemeente AGS Groen Weivelde wil graag die inwoners inlig oor ‘n nuwe kursus wat aangebied gaan word, naamlik Teach Every Nation.

“Ons is baie opgewonde om u die geleentheid te bied om tydens ons Sondagaanddienste die kursus by te woon,” het Hannes gesê.

Die kursus gaan tydens die aanddiens om 6nm op die volgende datums aangebied word:

16 Oktober 2016

23 Oktober 2016

6 November 2016

13 November 2016

Hannes het verder vertel dat hierdie besondere, lewensveranderende kursus nie misgeloop moet word nie. Die kursus word gratis deur die gemeente aangebied, en almal is welkom.

Indien inwoners en gemeentelede graag ‘n werksboek wil hê as deel van die kursus, wat egter nie verpligtend is nie, is hulle welkom om AGS Groen Weivelde te skakel.

” Daar is ook nog 12 gratis boekies beskikbaar op ‘n eerste-daar-eerste-klaar-basis,” het Hannes gesê.

Bestellings en navrae kan gerig word aan Adél Botha by 011 692 3880 en/ of admin@groenweivelde.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button