Klas kry nuwe skryfbehoeftes na inbraak

Leerlinge glimlag weer nadat hulle skryfbehoeftes, papier, radio's, selfs speelgoed gedurende 'n skoolvakansie gesteel is.

Ongeveer drie maande terug is daar by Laerskool Avante Medium ingebreek, waarna ongeveer 175 kinders onder andere sonder skryfbehoeftes is.

Mphonyana Molefe is opgewonde oor haar nuwe skryfbehoeftes.

Die inbraak het gedurende die Junie-Julie-skoolvakansie plaasgevind. Daar is heelwat skryfbehoeftes, papier, radio’s en selfs speelgoed uit vyf klasse – Graad R, Graad 1 en Graad 2 gesteel.

Chané van Deventer, Graad 1-onderwyser het die inisiatief geneem om vir BIC Suid-Afrika te nader rakende hul situasie. Op Dinsdag, 11 Oktober het die maatskappy se verteenwoordigers by die skool opgedaag met splinternuwe skryfbehoeftes vir een van die klasse.

Oratile Lebitse besig om haar nuwe skryfbehoeftes te gebruik.

Elke kind het ‘n pakkie potlode, uitdraaikryte, tien grys potlode, penne, ‘n linaal, asook ‘n skerpmaker ontvang, waaroor hulle baie opgewonde is.

“Ek is verskriklik dankbaar dat my klas weer met die regte gereedskap kan leer. Ek bedank ook graag vir BIC. Daar word ‘n verskil in elke kind se lewe gemaak; een kind op ‘n slag,” het Chané vertel.

Kutlwane Moeketsani is opgewonde oor haar nuwe skryfbehoeftes.

Intussen gebruik die ander klasse dit wat die skool kan verskaf aangesien daar nog nie ander borge is nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version