NewsSchools

Jannas Topbestuur bekend gestel

'Ons weet dat die leerlinge Jannas se naam hoog sal hou.'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het hul Topbestuur vir 2016/ 2017 op 28 September tydens ‘n spog geleentheid bekend gestel.

Die volgende leerlinge is deur die VRL-lede gekies wat die vorige naweek op die Jannas VRL-kamp was.

Graad 11 Graadverteenwoordigers:

• Tiaan van Niekerk
• Hugh Marais
• Ashley Cowan
• Paula-Jade Lisher

Nuutverkose Topbestuur:

• Jacques van Heerden (President)
• Diaandri Schoonraad (Visepresident)
• Victor Esterhuizen (Visepresident)
• Christelle Kruger (Sekretaresse)
• Morné Holtzhausen (Religie)
• Ashley Dayanand (Akademie)
• Austin van der Merwe (Sport)
• Este van Rooyen (Kultuur)
• Wickus Meintjies (Bemarking)
• Brian Ngobeni (Koshuisleier)

Vanjaar se Topbestuur is vol bekende gesigte wat die skool se naam hoog hou in sport, akademie en kultuur.

Toe die 56 nuwe VRL-lede se name vroeër verlede maand bekend gemaak is, het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê, “Ons weet dat die leerlinge Jannas se naam sal hoog hou en ‘n voorbeeld vir elke leerling van Jannas en die gemeenskap sal stel.”

“Die leerlinge het baie take wat op hulle wag en ons weet dat hulle elke taak met toewyding sal deurvoer. Ons is opgewonde om te sien watter positiewe verskille hulle in die skool se gees en organisasie gaan teweegbring,” het Tamaryn gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button