CrimeNews

Nog geen antwoorde oor baba Joshua se dood nie

Ouma praat haar hart uit oor hoe teleurgesteld sy in die regstelsel, 'n staatshospitaal en die polisie is.

Brenda Williams-Ludick, 49, is ‘n gebroke vrou nadat niemand nog skuldig bevind is aan haar kleinkind, baba Joshua (ook bekend as Daemon) Botha se tragiese dood nie.

Na sy dood het bewerings van kindermishandeling die rondte gedoen.

Kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder het toe bevestig dat die klag van kindermishandeling na moord teen die beskuldigde verander is.

Volgens Williams-Ludick is die beskuldigde in Junie vanjaar vrygelaat nadat daar glo nie genoeg bewyse teen hom was nie.

Williams-Ludick het gehuil terwyl sy gesê het, “Ek is teleurgesteld in die regstelsel, die staatshospitaal en die polisie.”

Die Herald het kommentaar by Joshua se ma probeer kry, maar kon nog nie daarin slaag nie. Die Randfontein Polisie het ook nog nie kommentaar gelewer nie.

Also read:

Mother of alleged abused baby speaks out

Baby-abuse allegations surface

Related Articles

Back to top button