Local newsNews

Nog ‘n inwoner krap kop oor elektrisiteitsrekening

'As 50 000 huishoudings elke maand R50 betaal, beteken dit 'n ekstra R2,5 miljoen vir die munisipaliteit.'

Giel Gericke, ‘n pensioentrekker het aan die Herald verduidelik dat daar skielik onverklaarbare tariewe op ‘n elektrisiteitsrekening verskyn het.

Gericke, wat 40 jaar vir die munisipaliteit gewerk het, het namens sy bure ondersoek ingestel. Hy het die munisipaliteit geskakel, maar niemand daar kon verklaar waarvoor die R50 onderskeidelik vir Julie, Augustus en September was nie.

Na vele oproepe is daar aan hom verduidelik dat die R50 per maand vir die instandhouding van die voorafbetaalde elektrisiteitsmeter is. Daar is egter nog geen instandhoudingswerk aan die meter gedoen nie. Gericke se grootste probleem met die rekening is dat daar vooraf geen kennisgewing van die nuwe tarief was nie.

“Het Nersa die ekstra tarief vir die meters goedgekeur?” is een van Gericke se vrae.

Hy het gesê as daar byvoorbeeld 50 000 huishoudings is wat elke maand R50 betaal, beteken dit ‘n ekstra R2,5 miljoen in die munisipaliteit se sak.”Ons pensioentrekkers moet nou vir ander mense betaal om voorafbetaalde meters te laat installeer.”

Verder het hy gesê dat die rekeninge boonop laat is, en dat daar verwag word dat dit op datum betaal moet word.

Tshidiso Thlaripe, woordvoerder van die munisipaliteit het in ‘n verklaring verduidelik, “As for the R50 basic charge on electricity infrastructure, Nersa tariff structure considers the fee. It’s important to take note that the former Randfontein Local Municipality had applied to Nersa with only R131 of basic electricity infrastructure charge for conventional users, but in their reply, Nersa had included R50 charge on electricity infrastructure charge for all non-indigent prepaid users.

“The electricity basic charge on infrastructure is a common phenomenon. All municipalities are subjected to that fee and we duly complied. The compliance of theNersa electricity charge on infrastructure was duly confirmed by Council of the Rand West City Local Municipality. It is within the above elucidated context that the Council decisions were considered, and are engaged with community members.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button