Riebeeckrand se sprokie-matriekafskeid

Paartjies van Hoërskool Riebeeckrand het soos ware Hollywood-sterre gelyk tydens vanjaar se matriekafskeid.

Hoërskool Riebeeckrand het Woensdag, 5 Oktober hul matriekafskeid by Usambara gehou met Enchanted Forest as tema.

Heletjé De Frey, Dominick Kleinhans en Shaleen Olivier.

Marinda Buitendag, die organiseerder asook ‘n onderwyser by die skool sê dat 243 leerlinge die geleentheid ervaar en terdeë geniet het. Daar was ook talle interessante motors waarin die paartjies afgelaai is.

Donelle Kloupas en Karla Dicke.

Een motor wat vir die Herald uitgestaan het, was ‘n khaki Jeep waar die meisie die motor bestuur het. Die uitrustings was almal uitstaande en die paartjies het soos ware Hollywood-sterre gelyk.

Carmen Swanepoel en Johan van Niekerk.

Marinda wil graag almal bedank viral Dirk Malherbe en Riaan Dekker van Piquant Sekuriteit in Randfontein.

Besoek die gallery vir meer foto’s.

Exit mobile version