Local newsNews

R’fontein kweek nog ‘n musiekster

Ontmoet nog 'n Randfonteiner wat 'n gebore musikant is.

Randfontein spog met ‘n poel van musiektalent. Morne van der Westhuizen, 23, is een van die talentvolles met ‘n blink toekoms in die musiekbedryf.

Morne is in Randfontein gebore en getoë, en het sy talent op die ouderdom van agt ontdek.

“Ek het by die Robinson-dam verlief geraak op sing. Elke Sondagaand was daar karaoke vir die publiek, en ek het my hart uitgesing,” het Morne vertel.

Daarna het hy sy talent verder ontwikkel deur in die kerk te sing en klavier te speel. Die video wat gemaak is terwyl Morne optree, en wat op Facebook gelaai is, het aandag getrek.

“Die regte persoon wat sy eie ateljee besit, het my talent raakgesien en my aangemoedig om ‘n CD uit te bring. Intussen het ek vir die eerste keer laasjaar by ‘n klein fees in Meyerton opgetree,” het hy vertel.

Morne het al tydens verskeie geleenthede opgetree en meen elke optrede dra by tot die ontwikkeling van sy talent.

“As jy ‘n passie het, jaag dit na. As jy met ‘n talent gebore is, gryp dit met altwee hande aan,” het hy vertel.

Sy eerste album sal einde vanjaar of begin volgende jaar bekendgestel word. Morne het verduidelik dat dit ‘n mengelmoes van genres is wat hy glo die publiek sal geniet. Hy is ook besig om al die musiek vir sy tweede album te skryf en te toonset.

“Ek beoog om ‘n gospel-CD uit te bring wat sal aanklank vind by die luisteraars. Ek wil Randfontein tref met ‘n bang en die gemeenskap laat terugdraai na die Here toe,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button