Local newsNewsUpdate

Baba Duncan wag steeds vir sy operasie

Geen geluk vir Baba Duncan wat 'n lewensgewendeoperasie moet ondergaan nie.

Baba Duncan, (16 maande) wat met ‘n gebreekte skedel gebore is, se lewegewende operasie wat vandag (7Oktober) sou plaasvind is vir die soveelste keer uitgestel.

Die aanvanklike datum vir sy operasie was 12 April. Chaun en Marelize Baker, sy ouers en Marinda van Coller, sy ouma, is vanoggend al om 3.30vm na Netcare Sunninghill Hospitaal toe met die hoop dat Duncan se operasie uiteindelik gedoen sal word.

Marinda het aan die Herald verduidelik dat hulle sukkel om die petrolkoste by te bring.

Marelize het gesê, “Ek is baie teleurgesteld. Die ontvangsdame by die hospitaal het vir ons die verkeerde datum vir sy operasie gegee.”

Duncan is oorspronklik in die Coronation Hospitaal (Rahima Moosa Mother and Child Hospital) opgeneem en is toe na die Netcare Sunninghill Hospitaal verwys. Daar is net ‘n 50-persent kans dat die operasie suksesvol sal wees, maar die familie glo dat wanneer dit wel gedoen word, dit goed sal gaan.

“Die een ligstraal is dat die dokter vir ons gesê het dat Duncan se brein normaal sal funksioneer, maar dat kinders hom sal spot, omdat sy koppie sal aanhou groei,” het Chaun gesê.

Al waarop hulle nou hoop is dat Duncan se operasie wel op 31 Oktober gedoen sal word.

Lees ook: 

Klein Duncan se reuse operasie

Baba se lewegewende operasie weer uitgestel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button