Local newsNews

Wynand, R’fontein se Batman

Sekuriteitswag geprys wat tot minstens drie inwoners se redding gekom het.

Daar is Batman, Superman, Ironman en dan … is daar Wynand Kaltwasser.

Wynand, 23, is ‘n sekuriteitswag by Maxi Sekuriteitdienste en het ‘n goeie reputasie by Randgate Spar.

Volgens minstens drie inwoners het Wynand op die een of ander manier al tot hul redding gekom.

Wynand Wasserman, die man op almal se lippe.
Wynand Wasserman, die man op almal se lippe.

Alicia Swanepoel, een van die inwoners het gesê, “Hy is awesome. Hy het gister (Maandag, 26 September) weer ‘n man weggejaag wat ringe aan my ma probeer verkoop het”.

Elmarie van Staden, 62, van die Hillside-plotte, het vertel dat Wynand in Julie ‘n man weggejaag het wat iets aan haar probeer smous het en haar heeltyd pla het. Volgens haar het die sekuriteitsmaatskappy “‘n goeie besluit geneem om ‘n opregte man soos hy aan te stel. Duisende dankies.”

Wynand Wasserman, die man op almal se lippe.
Wynand Wasserman, die man op almal se lippe.

Nog ‘n inwoner, Jenny de Lange, het in Mei die Herald vertel dat ‘n man wat kamma doof is, probeer het om ‘n kaartjie aan haar te verkoop. Toe het Wynand haar bygestaan en die persoon gevra om te loop want smouse of straatverkopers mag nie daar staan nie. Die persoon het toe glo oor die pad geloop en skielik begin praat asook een van die karwagte met ‘n mes gedreig. Sy het gesê dit kon netsowel sy gewees het.

Haar woorde was: “Gelukkig het die sekuriteitsou vinnig gedink”.

Wynand is ‘n oudleerling van Hoërskool Jan Viljoen en sy droom is om in die toerismebedryf te werk.

“Ek glo ‘n mens moet nederig wees en respek aan almal betoon,” was Wynand se woorde.

Also Read:

Video: Car watch, 58, wears bikini

‘Open manhole took everything from me’

 

Related Articles

 
Back to top button