Jannas-matriekafskeid: Bakkies, rokke en dasse

Van warmgemaakte bakkies tot glans by Jannas-matriekafskeid.

Vir Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leerlinge was vanjaar se matriekafskeid soos die Oscars.

Hulle het glad nie soos skoolkinders gelyk nie maar soos jong manne en dames wat reg is vir die wêreld wat vir hulle na matriek wag.

Voor die feesvieringe begin het, het hulle reeds die oë laat rek met die voertuie waarin hulle opgedaag het. Daar was sportmotors, ou motors en selfs warmgemaaktes, soos een paartjie se rooi 1400 Nissan bakkie. Die hoogtepunt was definitief die blou bakkie wat so groot soos ‘n trok was.

Die leerlinge se familie en vriende het weerskante van die rooi tapyt gestaan en foto’s neem, net soos die paparazzi beroemde akteurs afneem.

Na fotosessies met hul trotse ouers en grootouers het die leerlinge uiteindelik die lokaal binnegestap. Die versierings in die lokaal, wat organiseerder Magdie Vermeulen van Jannas en die Usambara-personeel se handewerk was, was asemrowend.

By elke sitplek was daar ‘n geskenk vir elke leerling – ‘n armband met die leerling se naam daarop.

Tydens die toesprake is die matrieks daaraan herinner om vas te byt, hard te studeer en te verseker dat Jannas weer ‘n 100-persent slaagsyfer kry.

Toe was dit tyd vir die leerlinge en selfs ‘n onderwyser of twee om die dansvloer oor te neem.

Jannas se 2016-matriekafskeid was beslis asemrowend en iets wat die matrieks en hul families nie maklik sal vergeet nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version