NewsSchools

Drie Riebeeckrand-toneelstukke op ‘Hollywood-standaard’

Hoërskool Riebeeckrand se Stille nag-, Opgeskort- en Beroemd-toneelstukke slaan asems weg.

Hoërskool Riebeeckrand het verlede week Donderdag (29 September) asems weggeslaan met drie toneelstukke.

Die gehoor het gehang aan elke woord en vir sommiges het die trane maar vlak gelê.

Gedurende die aand was daar drie toneelstukke naamlik ‘Stille nag’, ‘Opgeskort’ en ‘Beroemd’.

Stille nag vertel die verhaal van twee susters wat alleen gelaat is na die dood van hul ma, pa en ongebore boetie. Beide susters probeer mekaar ondersteun en bystaan deur die moeilike tyd. Maar, donker geheime word onthul en hoe hulle dit hanteer is die skokfaktor van die stuk geskryf deur Zani Swart, ‘n Riebeeckrand personeellid.

Opgeskort, geskryf deur Leona Esterhuyse, ook ‘n Riebeeckrand-personeellid vertel die ware verhaal van Ellen Pakkies wat haar dwelmverslaafde seun vermoor het as haar laaste opsie.

Beroemd, ook geskryf deur Leona was egter ‘n ligte komedie met geen verskuilde boodskappe nie.

“Die kinders het die stuk baie geniet en ek glo die gehoor het ook. Die enigste geheime boodskap versteek in dié stuk is om nooit ‘n fortuinverteller te vertrou nie,” het sy laggend vertel.

Riebeeckrand het egter vanjaar ‘n totaal van vier dramastukke geproduseer.

“Ons toneel vir die jaar is nie verby nie. Ons nooi graag die publiek uit om volgende kwartaal ons Skitterkas by te woon waar hulle kan inloer op die siel van kultuur,” het Leona gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button