Picassos, Van Goghs in Riebeeck se midde?

Kunswerk is beslis 'n vaardigheid en talent onder die leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand. Kyk net na hul meesterstukke ...

Hoërskool Riebeeckrand het Donderdag, 29 September hul jaarlikse Art D’Eco Kunsuitstalling gehou en beslis toekomstige Pablo Picassos en Vincent van Goghs in hul midde.

Elke graad het verskillende temas ontvang vir elke kwartaal waar elke leerling hul eie interpretasies moes maak.

Jason de Jager, matriekleerling het gespog met verskeie kunswerke waarvan ‘untitled’ en ‘67’ afsonderlike temas was. In ‘n poging om verskillende dimensies aan hul kunswerke te voeg, het alle matriekleerlinge die opdrag ontvang om iets buitengewoon uit ‘n alledaagse houtstoel te omskep. Jason het sy stoel in ‘n ‘See no evil, hear no evil and speak no evil’-uitbeelding omskep wat talle koppe laat draai het.

Mishke Hagymassy, ‘n Graad 11-leerling het ‘n pragtige uitbeelding geskep van ‘n nimmereindigende liefdesverhaal met olieverf as medium met ‘multitasking’ as tema.

“Die ou man, wat ‘n spesifieke persoon verteenwoordig, gee al sy liefde vir die een persoon wat vir hom die meeste beteken, sy vrou. Hy gee al sy diepste ‘kleur’ en seer vir sy vrou omdat hy weet sy sal dit aanvaar sonder oordeel.

“Ouer mense inspireer my, hulle het soveel meer kennis en wysheid as enige van ons jong mense,” het Mishke graag vertel.

Dit is egter net ‘n paar interpretasies wat gepaard gaan met dié uitmuntende uitstalling. Die skool het dus besonderse talent wat skrik vir niks.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version