Local newsNews

Man en vrou maak groot indruk met klein produkte

Van die Eiffel-toring tot eenvoudige klein meubels, pensioentrekkeregpaar kan dit maak.

Randfontein se strate raak al hoe voller met pophuise en houtmeubels sedert die houtwerkgogga twee inwoners gebyt het.

Ses maande gelede het Elise en Dirk Claassens besluit om iets eenvoudig te omskep in iets waarvan meeste mense nie eens kan droom nie.

Dirk Claassens met een van sy produkte.
Dirk Claassens met een van sy produkte.

“Omtrent agt maande gelede het ek vir my neef in Alberton gaan kuier en sy lasermasjien ontdek. Die gogga het my dadelik gebyt en ek het vir my net so ‘n masjien gekoop,” het Dirk opgewonde vertel.

Hulle het eers begin met pophuisies en meubels, later het hulle op die skywe begin graveer en toe opdragstukke begin maak.

Hulle koop al die patrone wat gebruik word om die voorwerpe te sny en aan mekaar te sit deur die internet in Amerika. Dié patrone word dan deur ‘n tekenprogram ontleed waarna die lasermasjien dit uitsny. Die hout wat gebruik geword staan bekend as Superwood en word ook uit Amerika ingevoer. Hulle gebruik ook soms Perspex.

Dirk en Elise Claassens met 'n paar van hul produkte.
Dirk en Elise Claassens met ‘n paar van hul produkte.

“Aan die begin was dit vir ons ‘n aanpassing om met die programme en masjien te werk, maar ons het gou geleer. As iets nie vir my reg lyk nie, dan ontwerp ek dit sommer volgens my smaak op die program, al is dit nie altyd baie maklik nie,” het Elise gesê.

As pensioentrekkers het hulle die stokperdjie aangepak vir ‘n ekstra inkomste. Hulle het nou ook begin met pophuise en meubels vir Barbie-poppe.

“Ons wil nie doen wat almal doen nie, ons wil iets nuuts skep. Ek het nog altyd ‘n passie gehad om met my hande te werk,” het Dirk vertel.

Ander stukke wat hulle maak sluit in motorfietse, ossewaens, torings, plekmatjies, houers, poppies, versierings en nog vele meer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button