Local newsNews

Geliefde inwoner Kobie Kloppers, 76, sterf

'n Geliefde Finsbury-inwoner, 76, sterf skielik aan hartaanval.

Kobie Kloppers, Finsbury-inwoner, geliefde eggenoot, pa en oupa is op Sondag, 18 September op die ouderdom van 78 skielik aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy het saam met sy vrou, Frieda, die afgelope 55 jaar in Randfontein gewoon. Frieda en Ina van Heerden, sy dogter, het Kobie as ‘n saggeaarde, liefdevolle, grappige en vrolike mens beskryf.

“’Goeiemore al julle gawe mense’ is hoe hy almal gegroet het as hy by ‘n plek ingestap het,” het Frieda vertel.

“Hy het ook altyd grappe gemaak.”

Volgens sy vrou was Kobie se passies in die lewe dié van egte Suid-Afrikaners – onder andere visvang, boeremusiek en houtwerk.

“Hy het graag met sy hande gewerk en hy kon wonderlike goed soos horlosies, lampe, skinkborde en vele meer maak,” het Ina vertel.

Frieda het bygevoeg dat hulle verskriklik lief was vir mekaar ten spyte van al die moeilike tye.

“Ek gaan die soentjies en drukkies mis. Ek gaan sy woorde, ‘My meisie, ek is baie lief vir jou,’ mis. Sy plek is leeg, sy stem is stil,” het sy gesê.

Kobie het tot sy laaste dae by Delmas Meule gewerk waar die woorde ‘asseblief’ en ‘dankie’ nie benede hom was nie. Met daardie woorde het hy meer verrig gekry as met ‘n skel- of vloekwoord.

“Ou Luister was sy bynaam by Delmas want hy het altyd sy medewerkers gevra, ‘Luister jy?’,” het Frieda gesê.

Kobie se familie het gesê dat hy diep spore getrap het en dat hulle hom baie gaan mis. Hy word deur Frieda en hul drie kinders oorleef.

‘n Verassingsdiens is op Vrydag, 23 September vanuit die NG Kerk Middelvlei vir Kobie gehou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button