NewsSchools

Nuwe Riebeeck-hoofleiers geanker in geloof

Riebeeckrand se Senior Raad en Uitvoerende Komitee vir 2016/ 17 is bekendgemaak – 'By God is alle dinge moontlik'.

Hoërskool Riebeeckrand se Senior Raad asook Uitvoerende Komitee vir 2016/17 is onlangs bekendgemaak.

Volgens Elzeri Botha, skoolwoordvoerder was die inhuldiging ‘n spoggeleentheid vir die leerlinge en hul ouers.

Die hoofseun is Tiaan Smit en die hoofdogter is Angelique Groenewald. Die onderhoofseun is Corné Aldridge en die onderhoofdogter is Nicole Wood.

Die volgende leerlinge is deel van die Uitvoerende Komitee: Joeleen Fowler, Megan Gebhardt, Reinhardt le Roux, Jeanelle Snyman en Duran van Dyk. Dié leerlinge se portefeuljes sal eersdaags bepaal word.

Elzeri het gesê die hoofseun en hoofdogter is positief en entoesiasties oor die toekoms.

“Tiaan is baie opgewonde om ‘n pad saam met sy mederaadslede te stap. Hy strewe nie net daarna om ‘n goeie hoofseun te wees nie, maar om ook ‘n goeie en positiewe voorbeeld vir Riebeeckrand te wees.

Hy sien daarna uit om die skool na nuwe hoogtes te neem en ‘n vir goeie nalantenskap vir die toekomstige leiers van Riebeeckrand te sorg.”

Oor Angelique het Elzeri gesê, “Sy kan nie wag om 2017 se Graad 8-leerlinge te ontmoet nie. Sy wil hulle van dag een af laat tuis voel en hulle lei om volwaardige Riebeeckranders te wees. Angelique sien daarna uit om voort te bou op Riebeeckrand se wonderlike geleenthede, tradisies en gees.”

Tiaan en Angelique streef saam met hulle raad van 2016/ 17 daarna om te alle tye geanker in geloof te bly. Angelique deel graag die volgende Bybelvers met al haar mede-Riebeeckranders:

“Mattheus 19:26 sê: ‘By God is alle dinge moontlik’.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button