MunicipalNews

Bejaarde vrou vul self slaggate

Bejaarde vrou vul self slaggate om haar familie te beskerm wanneer hulle die pad gebruik.

Op Dinsdag 20 September het die Herald talle oproepe van inwoners regoor Randfontein ontvang rakende ‘n bejaarde vrou wat slaggate op die R559 vul.

Die Herald het vir Annetjie Herbst, 58, opgespoor en gehoor dat sy in haar bakkie rondry en slaggate met miershoopgrond vul.

Annetjie Herbst vul die slaggate met miershoopgrond.
Annetjie Herbst vul die slaggate met miershoopgrond.

“My kinders, kleinkinders, familie en vriende gebruik elke dag dié pad. Ek sal nooit daarmee kan saamleef as iets met hulle moet gebeur nie,” het Annetjie vertel.

Dit is nie die eerste keer dat sy die pad met ‘n vrag grond aandurf nie. Sy het vertel dat dit haar vierde poging is om slaggate te vul in dié gedeelte van die pad wat strek van die verkeerslig by Finsbury se ingang tot by Westcol College.

Annetjie Herbst vul die slaggate met miershoopgrond.
Annetjie Herbst vul die slaggate met miershoopgrond.

“Dit is die minste wat ek vir Randfontein kan doen. Ek sê net elke oggend dankie vir die Here dat ek die voorreg het om asem te haal en weer te kan opstaan,” het sy nederig vertel.

Sy is ook van mening dat miershoopgrond langer sal hou as ander grond aangesien sy dit reeds op verskeie slaggate in Ten Acres se strate uitgetoets het.

“Ek doen dit uit die liefde van my hart vir my medemens,” het Annetjie ten slotte gesê.

Sy bedank ook graag almal wat haar deur die loop van die dag gehelp het.

Lees meer hier:

Red sand ‘temporary’ pothole solution
Residents take pothole complaining to a new level

Man nearly wrecks car after hitting a pothole

 

Related Articles

Back to top button