Local newsNews

Groot handwerk-expo om die draai

Merk gerus jou dagboek vir die Handwerk Expo wat in Oktober plaasvind.

Die gemeenskap kan gerus in hul dagboek ‘n nota maak en Saterdag, 1 Oktober oophou vir die Handwerk Expo.

Die expo sal by die AGS Kerk in Baileystraat, Randgate van 8vm tot 3nm plaasvind.

“Eerstens wil ons ‘n platform skep vir diegene wat met hul hande kunswerke skep en vir ‘n inkomste of vir ‘n aanvullende inkomste verkoop. Tweedens is dit ‘n fondsinsameling vir die gemeente,” het Leonie Pretorius, organiseerder van die expo gesê.

Besoekers het gratis toegang tot talle stalletjies, smullekker kos en verskeie handgemaakte items tydens dié prettige expo.

Verskeie gospelsangers sal ook optree. Vir diegene wat daarvan hou om aktief te wees, sal daar ‘n pretloop van 5km wees.

Die items wat te koop aangebied sal word, sluit in talle staal- en houtitems, huisversierings en kussings. Daar sal gesigverf wees en pom-pom-meisies gaan ‘n vertoning lewer. Die wenners van die inkleurkompetisie vir Graad 1- en Graad 2-leerlinge sal ook aangekondig word.

• Navrae: Leonie Pretorius by 011 693 1216 of 082 562 9963.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button