Local newsNews

Myne Maatjies Dagsorg verwelkom Lente

Myne Maatjies verwelkom elke jaar lente en vanjaar was g'n uitsondering nie.

Myne Maatjies Dagsorg het onlangs lente verwelkom met hul gewilde Lentedagkompetisie.

Elke jaar word daar heerlik piekniek gehou om die Lente te verwelkom en vanjaar was geen uitsondering nie.

“Elke jaar vier ons Lentedag op ‘n manier wat aanklank sal vind by die kinders. Vanjaar het ons besluit om van elke kind ‘n foto te neem in hul Lentedag-uitrustings.

Daar is wenners asook ‘n Mnr en Mej Fotogenies uit die groep gekies,” het die dagsorgeienaar Mariaan van Rensburg gesê.

Volgens Mariaan het die dag goed verloop en het almal dit baie geniet.

Die volgende wenners is aangewys:

• Mej Lentedag-wenners: Tayline Yolande Rodrigues, Katelynn Hoffman en Milienke Mulder

• Mnr Lentedag-wenners: Nathan de Beer en Zethan Naude

• Mej Fotogenies: Li-Jean du Plessis

• Mnr Fotogenies: Adriaan Beukes

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button