Local newsNews

EPR beplan groot braaidag – braai jy saam?

Jonk en oud word uitgenooi na EPR Sekuriteit se familiebraaidag en musiekfees.

EPR Sekuriteit sal op Saterdag, 24 September ‘n prettige familiebraaidag en musiekfees vir die gemeenskap by Farm Droogeheuwel, Randfontein aanbied.

Volgens hulle is dit ‘n geleentheid vir die hele familie, jonk en oud.

Dié uitmuntende braaidag ten bate van NHK Sionspoort sluit in musiek met optredes deur die bekende sanger, Rohan, stalletjies en smullekker kos. Braaipakkies, pap en sous asook ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees na afloop van die 4×4 pret.

Die koste om aan die 4×4 pret deel te neem, is R350 per voertuig. Vir toeskouers is dit R50 vir volwassenes en R20 vir alle kinders onder 12 jaar oud.

• Navrae: Besoek EPR 4×4 Family Braai Day op Facebook.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button