Local newsNews

Riebeeckrand-gholfdag vir nuwe sporthuis

Fondse vir nuwe sporthuis tydens Riebeeckrand-gholfdag ingesamel.

Hoërskool Riebeeckrand het hul jaarlikse gholfdag by die Randfontein Gholfklub op Vrydag, 9 September gehou.

Talle leerlinge en gereelde spelers het hul gholfstokke saamgebring om dié jaarlikse fondsinsameling te ondersteun.

Janco Tiedt, die skool se sportorganiseerder het vertel dat alle fondse in die spaarblikkie gegooi word vir ‘n splinternuwe sporthuis wat hulle beoog.

“Dit was sonder twyfel ‘n suksesvolle dag. Ons het altesaam 36 vierballe verkoop, wat beteken die baan was propvol. Ek is bly om te sien die spelers het die dag net soveel soos ons geniet,” het Janco vertel.

Alhoewel die wind ‘n groot invloed op die telkaarte gehad het, het dit nie die gholfliefhebbers afgeskrik nie.

Hoërskool Riebeeckrand bedank graag hul hoofborge, naamlik Boz Security, Jonrik Mining and Engineering, Lepat Boerdery Elandsfontein, asook vir Cannon, Bismark, Mapogo Security en Boulevard Pub.

“Baie dankie vir almal se ondersteuning en bydrae tot die dag se sukses – volgende jaar maak ons weer so,” het Janco gesê.

Die wenners vir die dag:

• Algehele wenners: Kyle Grové en Trevor Schultz

• Naaste aan die pen (7de putjie): CJ van der Westhuizen

• Langste dryf (18de putjie): Trevor Schultz

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button