Hoërskool W’aria verwelkom lente

Die skool het die nuwe seisoenverandering twee dae lank gevier.

Hoërskool Westonaria het onlangs hul jaarlikse pretdag aangebied wat aanklank gevind het by die hele gemeenskap.

Daar was behoorlik feesgevier aangesien al die leerlinge spontaan deelgeneem het aan al die aktiwiteite.

Daar was selfs ‘n plakkaatkompetisie waartydens die leerlinge die geleentheid gehad het om hul kunstalente in te span. Nadat die wenplakkate aangewys is, is al die plakkate regdeur die dorp, op sentrale plekke, opgesit vir die gemeenskap om te bewonder.

Op Vrydag 2 September het al die leerlinge aan ‘n lentestap van 5km deelgeneem. Daarna is die plaaslike sangtalent tot di uiterste ingespan tydens die ‘Weston sing-out loud’ kompetisie. Elke klas het ‘n kans gehad om ‘n tradisionele lied te sing, wat gepaard gegaan het met relevante dansbewegings.

Die verrigtinge vir die dag was afgesluit met ‘n vertoning van ‘Highbreed’, ‘n musiekgroep gevorm deur voormalige leerlinge, wat groot aanklank by die gehoor gevind het.

Op Saterdag 3 September het die karnavaal behoorlik naam gemaak. Daar was verskeie stalletjies, insluitend heerlike kosstalletjies waaraan besoekers kon smul. Daar was ook verskeie speletjies soos skyfskiet, tombola, die spookhuis en ‘egg a-teacher’ wat versriklik populer onder die leerlinge was.

Daarna het ‘n dans en ‘rap’ kompetisie plaasgevind waar die gehoor sommer lekker saam gedans en gesing het. Highbreed het vir die laaste maal opgetree en die verrigtinge op ‘n hoë noot afgesluit.

Die skool wil graag die gemeenskap van Westonaria bedank vir hul ondersteuning.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version