Leerlinge of jong besigheidseienaars?

Ram het onlangs hul suksesvolle entrepreneursmark gehou.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs hul besigheidsvoetjie voorgesit.

As deel van die vak Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) moet alle Graad 7-leerlinge in opdrag van die Departement van Onderwys aan die einde van die derde kwartaal ‘n entrepreneursmark hou.

Elke Graad 7-leerling by Ram het ‘n produk of diens gekies, beplan, bemark en op Vrydag, 2 September aangebied toe die jong leerlinge hul goeie vaardighede ten toon gestel het. Die skool het ook spanwerk aangemoedig – leerlinge kon in groepe saamwerk.

Die doel van die projek was nie net om die broodnodige punte te kry nie, maar ook om wins te maak.

Annie Nolan, Ram-woordvoerder het vertel hoe ‘n reuse sukses die projek was.

“Die stalletjies het gesorg vir vermaak en genot vir oud en jonk, en het van smullekker kos, soettand-lekkers tot woelige speletjies aangebied.

“Die gees het hoog geloop en ouers, oumas, oupas, onderwysers, leerlinge en selfs dierevriende het in die jolyt gedeel. Dit was vir almal duidelik dat die Graad 7’s Rammies se naam hoog gehou het.”

Annie is positief dat die skool ‘n hele paar besigheidsmanne en -vroue gaan oplewer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version