Rappies se Jaden hip-hop al die pad na goud

Graad 6-leerling verower goud tydens nasionale Hip-Hop-danskompetisie by Carnival City.

As daar enigiemand is wat van ritme en danspassies weet is dit Laerskool Rapportryer (Rappies) se Jaden Smith.

Dit nadat die graad 6-leerling ‘n goue medalje tydens die nasionale Hip-Hop-danskompetisie, Battle of the Giants, by Carnival City vroeg in Augustus ingepalm het.

Jaden het as deel van die Junior Prestige Crew die medalje verower. Hy meen dit is vir hom ‘n groot prestasie om elke jaar deel te wees van dié wengroep.

Jaden dans al sedert hy ses jaar oud is. Hy is tans ‘n lid van die Mario Gomes Hip-Hop Dansakademie in Noordheuwel, Krugersdorp.

Sy grootste prestasie tot dusver sluit in toe hy verlede jaar aan die Hip-Hop Wêreldkampioenskappe in Italië deelgeneem het. Tydens dié kampioenskappe het hy as deel van die groep, Chaos Crew, vyfde geeïndig. Hy het ook as deel van ‘n ander dansgroep, Lil’ Precision tweede in die wêreld geeïndig.

“Een van my doelwitte is om my land vir ‘n tweede keer op internasionale vlak te verteenwoordig in Suid-Korea volgende jaar,” vertel ‘n opgewonde Jaden.

Hy dans ook graag vir sy skool waar hy aan die pom-poms deelneem.

“Dans is een van my gunsteling stokperdjies, ek is dol oor enige musiek met ritme,” sê Jaden.

Sy motto is die volgende: ‘You don’t have to be great to start, you must start to be great.’

Lees ook:

Laerskool Rapportryer musiekblyspel ‘n groot sukses

Laerskool Rapportryer spog met hulle nuwe leiers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version