Bring hulde by vanjaar se Relay for Life

Maak gereed vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay for Life.

Indien u iemand ken wat weens kanker dood is, het u binnekort die geleentheid om aan daardie persoon of persone hulde te bring.

Op 13 Oktober gaan die bekende sanger Jakkie Louw saam met die kore van Laerskool Randfontein en Randfontein High School by Laerskool Randfontein optree as die openingsrondte van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay for Life wat in November plaasvind.

Relay for Life is ‘n jaarlikse geleentheid wat op verskeie plekke aangebied word waartydens hulde gebring word aan mense wat die stryd teen kanker verloor het, asook aan dié wat in ‘n dapper stryd met die siekte gewikkel is.

Daar sal ‘n verskeidenheid vermaak regdeur die nag aangebied word, insluitend ‘n trompoppie- asook ‘n karatekompetisie.

Vanjaar se Relay for Life vind van 6nm op 4 November tot 6vm op 5 November by Laerskool Randfontein plaas.

Vir meer inligting kontak gerus vir Linda Steyn by 076 176 2758.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version