Local newsNews

Ouetehuis vier lente met kleintjies

Van drukkies, tot sjokolade, tot blomme. Ramkriekies was heel puik met hul besoek aan Vriendskap Tuiste ouetehuis

Soos die nuwe seisoen van blomme, vrolikheid en sonskyn aanbreek, het Laerskool Randfontein (Ram) se Ramkriekies besluit om dit saam met Vriendskaptuiste-ouetehuis te vier.

Op Lentedag het Ram-onderwyser Sanrie Nell se klas van vier- tot vyfjariges vir die ouetehuisinwoners met kratte vol blomme en sjokolade gaan kuier.

Terwyl Marlet Botha, senior administrasieklerk van Vriendskaptuiste die kleuters op ‘n toer deur die ouetehuis geneem het, het hulle vir die inwoners drukkies en sjokolade uitgedeel.

Nadat hulle vir al die oupas en oumas in die salon, siekeboeë en eetkamers gekuier het, is al die inwoners genooi om na die hooftrekpleister in die groot sitkamer te gaan kyk.

Daar het die Ramkriekies eers vir elke persoon in die gehoor ‘n pragtige blom gegee, waarvoor hulle met ‘n drukkie en soms ook ‘n soentjie op die wang vergoed is.

Daarna het hulle Dierbare Ouma, As ek by Oupa gaan kuier en Dapper muis aan die gehoor opgedra. ‘n Paar kleuters het gediggies voorgedra. Ja’nique Potgieter het die gehoor behoorlik laat lag met haar voordrag, Ouma rock. Shilo Sale was te fraai met haar voordrag Eendjies, eendjies en Jasper Kritzinger het harte gesteel toe hy met sy voordrag van ‘n vet muis vertel het.

Vriendskaptuiste bedank graag die Ramkriekies vir hul kuier en hoop om hulle gou weer te sien.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button