Local newsNews

Kerk geniet kuier saam met voormalige rugbyspelers

‘Dit was ‘n verskriklik lekker kuieraand saam met die oudspelers wat ons meer oor hul loopbane en snaakse staaltjies vertel het.’

Die Woord en Lig Christen Kerk in Greenhills het onlangs ‘n heerlike kuieraand saam met die publiek asook verskeie voormalige Springbok-, Transvaal- en Noord-Transvaal-rugbyspelers geniet.

Die funksie het in Hoërskool Jan Viljoen se skoolsaal plaasgevind. Johan Roussouw was gasheer vir die aand. Volgens Abri Erasmus, die presiderende pastoor van die gemeente was die rugbyaand ‘n reuse sukses.

“Ons wil eerstens almal bedank wat die aand ondersteun en dit suksesvol gemaak het, asook die borge SA Kalk, Gips/Africa Lime Industries en Johan Roussouw.”

Jako Erasmus, die kerk se jeugleier het bygevoeg, “Dit was ‘n lekker kuieraand saam met manne wat groot rugby gespeel het. Hulle het ook hul loopbane en snaakse staaltjies met almal gedeel.”

Die voormalige Springbok- en Transvaal-rugbyspelers wat saamgekuier het sluit in:

• Hennie van Zyl (voormalige Transvaal-vleuel wat 10 toetse vir die Springbokke gespeel en ses drieë gedruk het)

• Deon Viljoen (voormalige Transvaal-stut)

• Wally Walters (Transvaal en All Blacks-spanbestuurder)

• Lappies Labuschagne (Transvaal slot 80’s)

• Monty Beyneveldt (Transvaal vleuel/senter)

• Toy Dannhauser (Springbok en Transvaal-slot/ kaptein)

• Navrae: Kontak pastoor Abri Erasmus by 083 252 0396.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button