Mnr en Mej Riebeeckrand gekroon

Hoërskool Riebeeckrand kies hul Mnr en Mej.

Vanjaar se Mnr en Mej Riebeeckrand is onlangs tydens a glansgeleentheid by die Randfontein Gholfklub gekroon.

Met die tema Under The Stars het hulle nie versuim om te lewer nie. Elke deelnemer het opdrag ontvang om die kleure rooi, wit en blou te inkorporeer in hul informele drag. Die verhoog was konstant beset met foutlose, vlot en elegante beweging.

Melouise Mulder (Tweede Junior Prinses), Tyllin Barnard (Mej Riebeeckrand Junior) en Danielle Olivier (Eerste Junior Prinses) is opgewonde om die skool te verteenwoordig.

Mej Riebeeckrand Senior is niemand anders as die alombekende Beloved Sechele, Randfontein se eie ‘Queen B’ nie. Mnr Riebeeckrand is die sjarmante Daemian Breedt met sy blonde hare en bruin oë wat genoeg is om enige meisie se knieë lam te maak.

In die junior afdeling is Tyllin Barnard gekroon as Mej Riebeeckrand Junior. Sy mag dalk klein wees, maar sy het ‘n groot, stralende persoonlikheid.

Daemian Breedt (Mnr Riebeeckrand), Beloved Sechele (Mej Riebeeckrand Senior) en Tyllin Barnard (Mej Riebeeckrand Junior) is opgewonde om hul skool te verteenwoordig.

Die gaskunstenaar, Elvis se Seun (Stefan Ludik) het gesorg vir die aand se vermaak en het die gehoor behoorlik aan die sing en dans gehad.

Volledige uitslae is as volg:

Senior dogters:

• Mej Fotogenies: Charnell Oberholzer

• Mej Persoonlikheid: Danielle Harmse

• Eerste prinses: Zani Henery

• Tweede prinses: Nicole Buitendag

Junior dogters:

• Mej Fotogenies: Amonè Erasmus

• Mej Persoonlikheid: Simonè van der Berg

• Mej Debutante: Simonè van der Berg

• Eerste prinses: Danielle Olivier

• Tweede prinses: Melouise Mulder

Seuns:

• Mnr Fotogenies: Bruce Smit

• Mnr Persoonlikheid: Janco Olivier

• Eerste prins: Peet van Jaarsveld

Hoërskool Riebeeckrand wil graag almal bedank wat die wonderlike aand moontlik gemaak het, insluitend hul hoofborg, Mnr en Mev Jacobs van die Randfontein Toetsstasie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version