Lente vereis groot skoonmaak

Vroue Landbou Unie sê lente is 'n tyd om huis skoon te maak van hoek tot kant.

Met lente om die draai is dit weer tyd vir huis skoonmaak.

Gerda Benadie, voorsitter van die Vroue Landbou Unie (VLU) se Ridderspore-tak glo sterk in huis skoonmaak of ‘spring-cleaning’ soos dit bekend staan.

Gerda demonstreer hoe om skoon te maak.

Al dink sommige huiseienaars dat die proses slegs een keer ‘n jaar moet plaasvind meen Gerda dit kan drie- of ses-maandeliks (dus voor elke winter en somer) plaasvind.

Sy meen dis beter om met die sitkamer te begin en met die kombuis te eindig. Die hele proses kan om en by twee weke duur afhangende van die aantal vertrekke. Gerda se advies is om elke dag ‘n ander vertrek aan te pak.

Sy beveel die volgende stappe aan. Dit geld vir elke vertrek afsonderlik:

1. Verwyder alle gordyne, gordynkappe en meubels uit die vertrek. “Dra alles sommer buite toe en gooi die gordyne solank in die wasmasjien. Terwyl dit was, het jy kans om die meubels behoorlik skoon te maak en te poets (nadat alles binne-in verwyder is natuurlik),” se Gerda.

2. ‘Begin bo’. In elke vertrek, begin jy deur die plafon met toepaslike skoonmaakmiddels te was. Gerda beveel aan om enige stabiele leer, tafel of lang stok met ‘n spons op die punt te gebruik om by die plafon uit te kom.

3. Was alle mure van hoek tot kant met ‘n goeie huishoudelike skoonmaakmiddel.

4. Was vensters binne en buite, en droog dit dan af met koerantpapier, wat volgens Gerda die beste werk. Dit is belangrik om nie van die vensterknippe te vergeet nie – hulle moet met Brasso blinkgevryf word.

5. Vee en was vloere behoorlik. Indien jy matte het, moet dit gesuig en met ‘n mattewasser gewas word. In die slaapkamer moet matrasse, en die basis van die bed, buite gesuig en gewas word.

6. Pak alle kaste uit en was hulle van binne na buite. Pak alles weer netjies terug en gooi/ gee alles weg wat jy nie meer gebruik nie. In die kombuiskaste moet alle silwerware gewas word. Smyt ook alle vervalde kosse weg. In die klerekaste moet klere omgeruil en weggepak word volgens die seisoen.

Gerda demonstreer hoe om skoon te maak.

Gerda meen verder dat alle kussings minstens elke ses maande gewas of vervang moet word. Een van haar geheime sluit in om die kussings buite in die son te sit vir die dag.

‘n Ander gewoonte wat aangeleer moet word is om alle medisyne wat hul vervaldatums bereik het te gaan afgee by jou naaste apteek.

Volgens Gerda is ‘ordentlike’ huisskoonmaak ‘n baie lekker manier om jou huis van voor af te leer ken. Dit dien ook as goeie terapie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version