Local newsNews

Die bekende Refentse besoek R’fontein

Opkomende ster maak naam regoor die land.

Refentse Morake, bekende musikant en sanger het onlangs ‘n draai gemaak in Randfontein.

Vir die wat hom nog nie ken nie – die 19-jarige Refentse is die nuutste naam op almal se lippe in die musiekbedryf nadat hy ontdek is voor sy huis in die strate van Vereeniging met ‘n kitaar, ‘n stem en ‘n liefde vir die Afrikaanse taal.

“Ek het nog altyd ‘n passie vir musiek gehad, maar ek het net nooit gedink ek’s goed genoeg nie. En nou, nou is dit al wat ek wil doen,” het ‘n opgewonde Refentse vertel.

Sy vlot Afrikaans oorskadu enige Afrikaanssprekende se taalgebruik. Alhoewel hy graag in enige taal sing, bly Afrikaans steeds sy ‘hartstaal’. Refentse sê daarby dat hy as kind ‘n Afrikaanse skool bygewoon het en dat nie een van sy ouers ‘n woord Afrikaans praat nie.

Van sy grootste prestasies tot dusver sluit sy debuut album, My hart bly in ‘n taal, in. Die album het goue status bereik nadat dit April vanjaar vrygestel is. Die album bevat twee van sy grootste treffers, naamlik Sonvanger en Oom Faan se plaas, wat hy self geskryf het. Refentse het al op verskeie groot verhoë opgetree, byvoorbeeld Krone 3, die Ghoema Musiektoekennings en die Super 14 Lions kwarteindstryd.

Dis dié dat Randfontein se Ben Morgenrood Mazda-tak dit goed gedink het om ‘n splinternuwe Mazda BT-50 Rap Cab vir Refentse te borg.

“Ons is trots om ons naam agter ‘n jong opkomende ster soos Refentse te kan sit en om Afrikaanse musiek in Suid-Afrika te bevorder,” het Ben Morgenrood Mazda, deel van die Ben Morgenrood Groep, se franchise direkteur, Maryna Lütt gesê.

Toe sy splinternuwe vervoermiddel onthul is, kon die nederige en snaakse Refentse nie sy oë glo nie.

“Ek is absoluut stomgeslaan en oneindig dankbaar,” het hy laggend met altwee sy hande voor sy mond gesê.

Refentse gaan ook volgende jaar vir die eerste keer by die 2017 Randfontein Skou op die verhoog verskyn, spesiaal vir al sy aanhangers in Randfontein.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button