‘n Wiskundeboffin op 5

Ma: Sy was nog altyd lief vir tel.

Ju-marie Lyons, ‘n graad RR-leerling van Rappies Pre-Primêr het op 5-jarige ouderdom haar eerste silwermedalje vir wiskunde tydens vanjaar se Nasionale Abacus-telkompetisie verower.

Ongeveer 300 leerlinge het aan die kompetisie deelgeneem. Johanna Lyons, haar ma, sê Ju-marie was nog altyd lief vir tel.

“Sodra ons in die motor klim wil sy bome of huise langs die pad tel, Haar gunstelling is natuurlik om die vragmotors by Tiger Mills wat wag om afgelaai te word, te tel.”

Sy sê Ju-Marie het op 3-jarige ouderdom al aangedring dat sy haar ma se nommer uit haar kop uit moet leer ken en sy het dit kort daarna reggekry. Sy kry een keer ‘n week wiskunde-klasse en het self gevra of sy aan die kompetisie deel kan neem.

“Sy het so baie in ‘n kort tydjie bereik en ons dink werklik sy het uiterse akamiese potesiaal,” het Johanna bygevoeg

Ju-marie en haar ma wil graag ook haar sussie, Chanté volgende jaar inskryf.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version